Vinnige Ontbyt voor Ontbytsake #1

FICS se top 3 vinnige ontbyt idees – nommer 1

Dit is Saterdag en wie wil nou vroeg opstaan?

Maar FICS is op televisie en jy kan dit nie mis nie. So, stel jou wekker vir 07 uur, maak die vinnige ontbyt, skuif voor die kassie in en sit op kanaal 144.

Moet dit nie mis nie:
Ontbytsake op kykNET
Saterdag 29 Julie 07:30 – 09:00

{Granola-in-‘n-koppie}

Bestanddele:

  • 15ml Heuning of Stroop
  • 30ml Water
  • 30ml Olie
  • 0.5ml Sout
  • 75ml Hawermout
  • 15ml Pekanneute

 

 

 

Metode:

  • In ‘n koppie meng al die bestanddele deeglik saam
  • Mikrogolf vir 60 – 90 sekondes en roer, maak seker dat die heuning of stroop onderaan die koppie goed ingeroer word
  • Mikrogolf vir nog ‘n minuut of totdat die hawermout goudbruin is. Wees versigtig dat dit nie te warm word en brand nie
  • Laat staan vir so 2 minute voor bedien met jogurt en vars vrugte