Vinnige Ontbyt voor Ontbytsake #3

FICS se top 3 vinnige ontbyt idees – nommer 3

Die resepte is ideaal om vinnig saterdagoggend te maak voor jy Ontbytsake kyk.

Moet nie Dawie Roodt se onderhoud met FICS se Besturende Direkteur, Gerhardt Becker mis nie.

kykNET (Kanaal 144)
Saterdag, 29 Julie
07:30 – 09:00

{Sjokolade-grondboontjiebotter-koppie-koek}

 

Bestanddele:

  • 60ml Meel
  • 30ml Kakao
  • 30ml Suiker
  • 1ml Bakpoeier
  • 60ml Melk
  • 30ml Botter, gesmelt
  • 1ml Vanielje
  • 15ml Grondboontjiebotter

 

 

Metode:

  • In ‘n klein bakkie, meng meel, kakao, suiker en bakpoeier totdat daar geen meel strepies wys nie
  • In jou beker, meng die botter, melk en vanielje
  • Meng al die droeë bestanddele saam die melk in die beker tot glad
  • Plaas die 15ml Grondboontjiebotter in die middel van die beslag, druk ligtelik tot gelyk met die beslag in die beker
  • Mikrogolf vir 1 minuut op hoog